Sleutels

Benodig u 'n ekstra sleutel of 'n stewige slot om iemand van iets belangrik weg te hou?
Ons het tonne sleutels, en slotte piep-klein tot kollosaal!
Ons het ook voorraad van deurslotte en handvatsels.

   

Groen vingers?

Ons kan u help met u gunsteling (of "gunsteling") tydsverdryf.
Met 'n wye verskeidenheid van tuingereedskap en -toerusting kan ons u help daai tuin verander in 'n spog tuin.

   

Gereedskap

Vir die "Naweek Nutsman" asook die professionele diensleweraars - ons het 'n goeie voorraad gereedskap en elektriese toerusting.
Ons hou ook voorraad aan van al die ekstra goedjies wat die 'nuwe speelgoed' lekker laat werk.

Neem kennis dat ons vriendelike personeel meer as gewillig is om raad (en soms instruksies) te gee oor hoe daardie 'dinges' of snaakse tool werk!


All product names and logos are under the copyright of it's respective owners.
Material contained on this website are under the copyright of Kameeldrift Hardware.