Waar vandaan en waarheen?

Wat vantevore as die ou "Pos Winkel" hier op Kameeldrift bekend was is die oorsprong van wat vandag as Kameeldrift Hardeware bekend staan.

In 1969 het Roelof Joubert die winkel en die eiendom waarop dié staan gekoop. In 1970 het een van Roelof se seuns (ook genaamd Roelof) die hardeware afdeling van die Kameeldrift Cash Store begin.

Later het Christo en Amanda Joubert die besigheid oor geneem.

Die huidige eienaar het as student deeltyds by die winkel gewerk tussen 1980 en 1987.

Met die verloop van tyd het die kafee, voere- en hardewareafdelings as aparte besighede begin handel dryf en is apart verkoop.

Op die 1ste Maart 1999, het Wentzel Faber die hardewarewinkel gekoop wat nou as Kameeldrift Hardware bekend staan.

'n Klein afdelingtjie van 12m² in 1970 het gegroei tot 'n lywige 700m² - en dit sluit die werf uit waar produkte soos sement en sand aangehou word

Ons personeel staan reg om diens van die hoogste kaliber te lewer. Dit geld van die Hoof van Verkope tot die pakkers en drywers - diens is 'n prioriteit.

Ons spog met nuwe afdelings vir glas, verf asook gas.
'n Werf met 'n reuse verskeidenheid is nou ook deel van Kameeldrift Hardeware. Daar is ook 'n afdeling wat sorg vir die behoeftes vir die met 'groen vingers'.

Ekstras wat ons lewer:

  • Kostebepalings vanaf planne
  • Glas installasies
  • Sny van sleutels
  • Aflewerings - groot en klein
  • Waardevolle inligting en raad

All product names and logos are under the copyright of it's respective owners.
Material contained on this website are under the copyright of Kameeldrift Hardware.